FIETSRY – Die ster fietsryer van Slowenië – Tadej Pogacar – ag homself baie gelukkig nadat hy net sy polsgewrig gebreek het in Sondag se skof in die Luik-Bastenaken-wedren in België.
Die Deen Mikkel Honore en Pogacar het na ongeveer 85km in die wedren kontak met mekaar gemaak en met die teerpad te doen gekry.
Honore het net geringe beserings opgedoen maar Pogacar wat ook ‘n 2-malige Tour de France kampioen is sal ’n operasie moet ondergaan en sal vir ongeveer 6 weke nie op ’n fiets kan klim nie.
Dit kan die deur vir nog ’n Deen Jonas Vingegaard oopmaak om sy 2de Tour in ‘n ry te wen nadat Pogacar in 2020 en 2021 as kampioen gekroon is.