FIETSRY – Met die 2024 Tour de France wat wink sien die Sloweense fietsryrer Tadej Pogacar baie uit na sy tweestryd met Jonas Vingegaard van Denemarke.

Pogacar wat die 2020 en 2021 Tour gewen het en ook verlede maand met die louere by die Il Lombardia in Italië weggery het sê hy en sy Deense mededinger het baie respek vir mekaar wanneer hulle op die fietse klim en het ook genoem dat hul tweestryd in die komende jare in die geskiedenisboeke aangeteken sal word.

Pogacar sal egter saam met Vingegaard ook nog ’n oog moet hou op landgenoot Primoz Roglic wat ook ’n driemalige wenner van die Vuelta a Espana is en ook vanjaar die kroon gedra het by die Giro d’Italia.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×