FIETSRY  – Nadat sy twee keer reeds in haar loopbaan met die 2de plek in ’n tydtoets tevrede moes wees het Zanri Rossouw uiteindelik haar droom bewaarheid en gister in Oudtshoorn die Suid-Afrikaanse Padfietskampioenskap gewen.

Rossouw het die 20 km roete in ’n tyd van 27 minute en 35 sekondes afgelê gevolg deur Hayley Preen bykans ’n minuut agter haar terwyl S’Annara Grove die 3de plek ingeneem het 83 sekondes stadiger as Rossouw.

Die tydtoets vir mans wat oor 28km beslis word vind later vanoggend plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×