Die 33-jarige SA fietsrykoning van Pretoria Louis Meintjies gaan moontlik aan die einde van die jaar sy fiets finaal wegbêre.

Meintjies wat al drie keer onder die voorste tien in die Tour de France  klaargemaak het se kontrak met die Belgiese Wêreldtoer span Intermachè-Wanty verstryk aan die einde van die jaar.

Die Suid-Afrikaner wat ’n ervare klimmer is het in 2013 vir homself naam gemaak toe hy tweede in die padwedren vir o.23 mans op die Wêreldkampioenskap geëindig het.  In 2016 en 2017 het hy in albei Tour de France wedrenne ’n agste plek behaal.

Meintjies gaan nie aan vanjaar se Tour deelneem nie maar net fokus op die Giro d’Ítalia  wat 9 Mei in Durrës , Albanië wegspring gevolg deur die Vuelta a Espańa  net ’n bietjie meer as drie maande later in Turyn , Italië op 23 Augustus.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×