FIETSRY – Suid-Afrika se Carla Oberholzer en Ryan Gibbons het ook verseker dat hul name in die hoed gaan kom wanneer die Olimpiese span vir 2024 na Frankryk aangewys gaan word.
Die 29-jarige Gibbons het Sondag se padwedren vir mans in Midvaal oor ’n afstand van 182km in 4:17:06 gewen terwyl hy ook Vrydag met die nasionale tydtoets-titel weggery het.
Carla Oberholzer het ook die naweek vir ‘n 2de keer in haar loopbaan die nasionale padtitel vir vroue gewen. Die 37-jarige gebore Bloemfonteinener het die 138km roete in 4:08:32 afgelê.
*Oberholzer en Ashleigh Moolman-Pasio was die enigste 2 vroulike deelnemers wat ook Suid-Afrika by die Tokio Spele verteenwoordig het.