Die Britse fietsryer Tom Pidcock sal nie aan vanjaar se Tour de France  deelneem nie maar sal wel weer in die saal wees vir die 2026 wedren.

Pidcock wat in 2022 die 12de skof gewen het is vir die volgende drie jaar gekontrakteer om vir die Switserse span Q36.5  te jaag met die Suid-Afrikaner Douglas Ryder wat die span se hoofbestuurder sal wees.

Die Brit wat in 2021 en 2024 die Olimpiese goue medalje op sy bergfiets gewen het is hoopvol dat hy wel vanjaar aan die Giro d’Italia  sal deelneem wat ook die eerste Grand Tour  van die jaar sal wees en op 9 Mei in Durrës , Albanië sal wegtrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×