FIETSRY – Die Nederlander Matthieu van der Poel het die triestige Belgiese reën Sondag trotseer toe hy die Toer van Vlaandere vir ‘n rekord 3de keer gewen het.

Die 29-jarige van der Poel het met ’n voorsprong van net meer as ’n minuut gewen en ook sodoende die 6de fietsryer in die 111-jaar lange geskeidkundige fietsren geword om diè uitsonderlike prestasie te kon vermag.

Die Italianer Luca Mozatto was 2de gevolg deur die Aussie Michael Matthews wat aanvanklik 3de was maar toe gediskwalifiseer is vir gevaarlike trapwerk en sy plek afgestaan het aan die Duitser Nills Politt.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×