FIETSRY – Die Nederlandse fietsry legende Mathieu van der Poel het Sondag in Tabor,Tsjeggië sy 6de cyclo-cross-wêreldtitel ingepalm.

Van der Poel het op ’n modderige baan 37 sekondes voor landgenoot Joris Nieuwenhuis geëindig terwyl Michael Vanthourenhout 3de oor die eindstreep was.

Mathieu was ook verlede jaar se wenner van die padfietsren titel in Glasgow, Skotland en spog ook met die Milan-San Remo en Parix-Roubaix  titels en kort nog 1 om Erik de Vlaeminck se rekord vir die meeste wêreldtitels te ewenaar.

*Van der Poel het ook in Desember die hoofopskrifte gehaal toe hy tydens ’n wedren op toeskouers gespoeg het na ’n gekoggelry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×