FIETSRY – Die Deense fietsryer Jonas Vingegaard is die gunsteling om sy 2023 Tour de France titel te verdedig maar sal op die uitkyk moet wees vir sy Sloweense vriend en mededinger Tadej Pogačar wat beslis op sy hakke gaan bly.
Vingegaard het bykans 3 maande laas aan ’n wedren deelgeneem weens beserings na ’n valslag in die Itzulia Basque-Country wedren waar hy sy sleutelbeen gebreek en longskade opgedoen het.
* Pogačar wat die 20ste skof in verlede jaar se Tour gewen het sal saam met ’n peleton van 175 fietsryers wegspring wanneer diè ren Saterdag met die 1ste skof van 206 km uit Florence na Rimini in aanvang neem.