FIETSRY – Jonas Vingegaard het Woensdag ’n belangrike skofsege en  sielkundige oorwinning  oor Tadej Pogacar in Tour De France  behaal.

Vingegaard het skof nommer 11 oor 211 km in 4 uur en 58 minute gewen gevolg deur Pogacar kort op sy hakke en Remco Evenepoel in die 3de plek.

Dit was ’n uitdagende skof met 6 kategorie klimme waarvan 4 die laaste 50km ingesluit het.

Pogacar is nog steeds die draer van die geeltrui gevolg deur Evenepoel ’n minuut en 6 sekondes agter diè Sloween met Vingegaard slegs 8 sekondes agter Evenepoel.

*Donderdag se skof van 203.6 km word tussen Aurillac  en Villeneuve Sur-Lot  gejaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×