Fikile Mbalula sê die taxibedryf sal na behore gereguleer word

Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die regering is besig om ‘n taxibedryf te vestig wat wettig en doeltreffend reguleer en waarlik bemagtigend is.

Hy het tydens ‘n webinaar gepraat waar belangrike kwessies in die bedryf bespreek is.

Mbalula sê die komende lekgotla moet in die breër konteks van openbare vervoer se hervorming gesien word wat ‘n veilige, bekostigbare, doeltreffende en betroubare diens moet lewer.

Luister na potgooie hieronder