Fikile Mbalula sinspeel op opening van SA se internasionale grense

Daar is verdere aanduidings dat Suid-Afrika binnekort na vlak een van die nasionale inperkingsregulasies gaan beweeg, na opmerkings deur die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, tydens ’n besoek aan die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Die minister het die lughawe se nakoming van Covid-19-regulasies ondersoek. President Cyril Ramaphosa het vroeër die week ook gesinspeel op ’n moontlike skuif na vlak een, wat ’n terugkeer na internasionale reis sal beteken. Volgens Mbalula word voorbereidings daarvoor getref.

Luister na potgooie hieronder