Minstens 116 mense is dood en 39 word vermis na die tropiese storm Tramidie die Filippyne getref het.

Die storm het meer as ses miljoen mense geraak en oor ‘n halfmiljoen mense ontheem gelaat.

iAfrica berig dat in die erg geteisterde Bicol-streek het 38 verdrink, terwyl grondverskuiwings in die Batangas-provinsie minstens 55 mense se lewens geneem het.

Hulpverleners soek steeds na ‘n gesin van sewe wat moontlik deur vloedwaters meegesleur is.

Klimaatsverandering word as ‘n bydraende faktor tot die verergerde stormintensiteit in die Asië-Stille Oseaan-streek beskou.

error: Inhoud is beskerm !!