Fillipense 4 vers 6 is die Bybeltoepassing YouVersion se gewildste vers vir 2024. Volgens YouVersion is die vers op hul toep meer as enige ander vers die jaar opgesoek en gelees.
Die vers lees, “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”
YouVersion-stigter en uitvoerende hoof, Bobby Gruenewald, glo dat die gewildheid van hierdie spesifieke Bybelvers ‘n teken is dat mense in tye van onsekerheid na God kyk.
LUISTER HIER: