Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane het die finale verslag oor die ondersoek na die ineenstorting van ‘n gebou in George bekend gemaak.
34 Mense is oorlede toe ’n vyfverdiepinggebou verlede jaar ineengestort het.
Simelane het Woensdag in haar verslag in die staatskoerant bekend gemaak dat daar ernstige tekortkominge by die Nasionale Huisebouers Registrasieraad en die George Munisipaliteit blootgelê is.
Die gebou se bouwerk het begin voordat planne amptelik goedgekeur is.
Die verslag dui op sistemiese mislukkings, swak toesig, nalatigheid, en oortredings van regulatoriese standaarde.
Die raad het reeds betrokke personeel geskors en die saak aan wetstoepassingsagentskappe oorhandig.
President Cyril Ramaphosa het intussen ‘n nuwe wet onderteken om regulatoriese leemtes aan te spreek.