Die adjunkpresident van die EFF het Donderdag by die party se hoofkantoor, in Johannesburg, bevestig dat hy by oudpresident Jacob Zuma se MK-party gaan aangesluit.

IOL berig dat Floyd Shivambu by die EFF bedank het omdat hy vertroue in die party verloor het.

Die MK-party het nog ‘n nuwe lid, Mzwanele Manyi van die EFF, verwelkom.

Volgens Julius Malema, leier van die EFF, is Shivambu nie net vir hom ‘n kameraad nie, hy is ook ‘n broer, en ‘n broer sal hy bly selfs as hy ‘n ander politieke party volg.

Die pos vir adjunkpresident sal glo nie beklee word in hulle Desember konferensie nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×