Die Suid-Afrikaanse lugredery, FlySafair is as die beste laekoste-lugdiens ter wêreld aangewys.

Hiermee saam is FlySafair ook aangewys as die diens in sy klas met die beste stiptelikheid.

Dit is gebasseer op die lugvaartdata-maatskappy Cirium, se jongste On-Time Performance Review.

Meer as 30 miljoen vlugte word jaarliks bestudeer. Gedurende die verslagtydperk was nagenoeg 92% van alle FlySafair-vlugte op tyd.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×