Die Suid-Afrikaanse lugdiens, FlySafair, is weer eens as die mees stiptelike laekoste-lugdiens ter wêreld aangewys. Vir die Afrika asook Midde-Ooste streke is sy vlugte die meeste betyds. Netwerk 24 berig die onteldingsfirma, Cirium, het bevind vir Maart vanjaar het FlySafair ‘n prestasie van 96% behaal vir vlugte wat betyds was.
Qatar was wêreldwyd in Maart die voorste lugdiens met ‘n stiptelikheidsyfer van 87%. Die Midde-Ooste en Afrika het volgens die verslag ‘n 12% toename gedurende Maart in die getal gekanselleerde vlugte gehad. Bykans 2-duisend vlugte is gekanselleer.