FlySafair wil hê dat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) passasiers moet terugbetaal wat vandeesweek deur vliegtuigbrandstoftekorte geraak is.

Daar was Maandag ’n 3 uur lange brandstofontwrigting by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, en volgens FlySaFair was die voorval heeltemal voorkombaar.

Die lugredery sê die lughawe is ‘n kritieke infrastruktuur en sulke voorvalle moet nie toegelaat word om te gebeur nie. Volgens Acsa het hulle passasiers wat deur die vertragings geraak is, met reisbewyse gekrediteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×