FlySafair help om families uit KwaZulu-Natal te kry

Die lugredery Safair het gister ‘n verklaring uitgereik waarin hy bekendmaak dat meer vlugte na en van Durban beskikbaar gestel word.

Sodoende kan mense vinniger uit die geteisterde gebied kom, en kan Safair ook van buite af noodsaaklike goedere na KwaZulu-Natal neem.

Volgens Netwerk 24 is Safair al sedert Maandag besig om noodsaaklike medisyne en kos daarheen te vervoer.

Ook het die redery in samewerking met liefdadigheidsorganisasies begin verseker dat mense wat onder die geweld gebuk gaan, ondersteuning kry.

Kirby Gordon, woordvoerder van FlySafair, se dat die bykomende vlugte nog tot vandag toe beskikbaar sal wees.

Luister na potgooie hieronder