Die binnelandse lugredery FlySafair het hul passasiers verseker dat vlugte, sonder ontwrigting, sal voortgaan.

Moneyweb berig dit kom ná ’n onlangse uitspraak deur die Lugdienslisensiëringsraad.

In ‘n verklaring het die lugredery opgemerk dat hoewel die raad sanksies uitgereik het rakende ‘n tegniese interpretasie van nasionaliteitsbepalings, het FlySafair 12 maande om aan die bepalings te voldoen.

Dit beteken daar is geen onmiddellike bedreiging vir sy bedrywighede nie.

FlySafair se dispuut met die raad spruit uit ’n vereiste dat 75% van lugrederye se stemreg, Suid-Afrikaanse inwoners moet wees en dat die lisensiehouer in effektiewe beheer van die lugdiens moet wees.

Die raad het in Desember vasgestel dat FlySafair nie aan die 75%-vereiste voldoen nie.

error: Inhoud is beskerm !!