FNB sê dit verwag dat brandstofpryse oor die volgende jaar geleidelik sal daal. Dit is ten spyte van die petrolprysverhoging en dieselprysdaling wat vir 7 Desember vasgestel is. Diesel is uitgesluit van die vorige brandstofprysdalings weens tekorte. FNB se Koketso Mano sê die aansienlike daling in diesel is goeie nuus aangesien die meeste vragmotors diesel gebruik. Dit kan ook laer pryse op winkelrakke beteken.