ʼn Fonds is gestig om die sanger, Steve Hofmeyr, se regskoste in sy saak teen die Menseregtekommissie, of MRK, te help dek. Maroela Media berig die MRK het Hofmeyr in Junie vanjaar voor die gelykheidshof in Gqeberha gedaag oor sy omstrede uitlating oor lede van die LGBTIQ-plus gemeenskap wat hy op sosiale media gemaak het. Dít volg nadat ʼn organisasie in Gqeberha die uitlating as ʼn moontlike menseregteskending uitgewys het. Die fonds is op Steve se seun, Devon Hofmeyr, en die Bittereinders-jeugbeweging se Facebook-blaaie bekendgestel. Volgens Devon beoog hulle om tussen 500-duisend en 1-miljoen rand in te samel wat alle uitgawes van die saak sal dek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×