Verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voordoen en glo voertuie op die N3-hoofweg tussen die Vrystaatste dorp Villiers en die De-hoek-tolhek kaap, is in hegtenis geneem.

Volgens Free State World het die verdagtes glo ‘n voertuig met blou ligte en sirenes gebruik om niksvermoedende motoriste af te trek en dan hul voertuie te steel.

Die verdagtes is op heterdaad betrap waana ‘n hoëspoed-jaagtog en ’n skietgeveg gevolg het. Twee slagoffers is ongedeerd nadat hulle in die voertuig deur die verdagtes gyselaar gehou is.

Daar is op twee ongelisensieerde vuurwapens met ammunisie, ‘n militêre graad seinblokker, polisie-kentekens insluitend uniforms en blou ligte en sirenes wat op die verdagtes se voertuig aangebring is beslag gelê.

Die verdagtes word met meer as 30 kapings op die N3-hoofweg verbind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×