Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê beamptes doen forensiese werk op die toneel van ‘n onlangse massamoord in Lusikisiki in die Oos-Kaap.
Sewentien familielede is gisteroggend in Ngobozana doodgeskiet.
Die motief vir die moorde bly onbekend.
Mchunu het die massamoord veroordeel en dit as sinneloos beskryf.
Hy sê die polisie sal nie toelaat dat die verdagtes geregtigheid vryspring nie.