‘n Moeilike besluit wag op die spanbaas van Red Bull se Formule Een span, Christian Horner.

Die besluit handel oor die toekoms van Sergio Perez by die span, wat die afgelope naweek ‘n treurige resies gery het voor sy tuisskare.

Perez kon dit nie verby die eerste fase van die kwalifiseringrondes maak nie en het die Grand Prix resies in die 17de plek afgesluit.

Volgens Horner weet Perez dat Formule Een ‘n bedryf is waar uitslae alles beteken, en as jy nie bevredigende vertonings lewer nie, dan val die kollig uiteraard behoorlik op jou.

 

error: Inhoud is beskerm !!