Monaco gaan vir die volgende ses jaar op die Formule Een kalender verskyn.

Dit is bevestig deur die president en uitvoerende hoof van Formule Een, Stefano Domenicali, en het gesê dat hulle deur die strate van Monaco gaan jaag tot ten minste 2031.

Domenicali het verder gesê dat die strate van Monte Carlo ‘n unieke en bekende geskiedenis deel met Formule Een, en die Grand Prix in Monaco is steeds en wat alle renjaers wil wen.

Die organiseerders het intussen aangekondig dat die Grand Prix in Monaco in 2026 van datum gaan verander, waar dit gewoonlik einde Mei beslis word, sal dit nou vroeg in Junie plaasvind.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×