FORMULE EEN – Die elektroniese motorkampioenskaps-reeks het bevestig dat Kaapstad nie die groenlig gekry het om ’n wedren volgende seisoen weer in die Moederstad aan te bied nie.
Dit kom te midde van die feit dat die Kaapstadse E-Prix wat in Februarie aangebied was as die Formule E Wedren-van-die-Jaar aangewys is.
China keer weer in die nuwe jaar terug wanneer die seisoen amptelik wegtrek op 13 Januarie en die 21ste Julie in Londen ten einde loop.