Die Cadillac-handelsmerk gaan in 2026 meeding vir Formule Een se Wêreldkampioenskap titel.
Die nuus kom na General Motors ’n ooreenkoms bereik het met die eienaar van diè sport Liberty Media.
GM het aangekondig dat hulle die 11de span sal word en het ook as ‘n krageenheid vervaardiger geregistreer.
Cadillac is die eerste nuwe span in die sport sedert Haas in 2016 by Formule Een aangesluit het.