Die baasbrein van die afpersingskomplot om die Michael Schumacher-sportgesin te benadeel is deur ’n Duitse Hof in Wuppertal tot tronkstraf gevonnis.

Die pa en seun, wat slegs bekend is as die 53-jarige Yilmaz T. en 30-jarige Daniel L., is skuldig bevind dat hulle €15 miljoen – oftewel nagenoeg R289 miljoen – by diè bekende gesin geëis het.

Hulle het gedreig om private videos en fotos van die sewemailge F1-wêreldkampioen voor en na sy ski-ongeluk in 2013 uit te reik.

Die pa is vir onderskeidelik drie jaar tronk toe gestuur terwyl die seun ’n opgeskorte vonnis ontvang het van ses maande. ’n Derde man, wat as Markus F. geïdentifiseer was, het die beelde aan die afpersers voorsien en ’n opgeskorte vonnis van twee jaar tronkstraf ontvang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×