FORMULE EEN – Die voormalige grootbaas van Formule Een – Bernie Ecclestone – het aanklagte in die hof ontken dat hy na bewering nagelaat of versuim het om meer as £400 miljoen se oorsese bates te verklaar het.

Die 91-jarige Ecclestone staan tereg op aanklagte van belastingontduiking nadat hy nie die nodige inkomste verklaring aan Jan Taks gemaak het nie.

Die Engelsman se teëspoed het ook reeds in Mei maand begin toe hy deur die Brasiliaanse polisie in hegtenis geneem is nadat hulle ‘n pistool in sy bagasie gevind het terwyl hy diè land probeer verlaat het.

Hy het erken dat hy wel ‘n vuurwapen besit maar het nie geweet daar was een in sy bagasie nie en nadat Ecclestone sy borgtog betaal het was hy toegelaat om verder te reis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×