FORMULE EEN –  Felipe Massa – voormalige renjaer van Ferrari –  het Maandag ’n skadevergoeding eis teen Formule Een ingestel weens ’n beweerde komplot wat hom die  wêreldtitel in 2008 gekos het.

Diè Brasiliaan het met ’n enkele punt teen Lewis Hamilton verloor in die sogenaamde “crashgate”-skandaal by die Singapoer Grand Prix waar Hamilton sy 1ste van 7 wêreld-titels gewen kon inpalm.

Dit was daar waar Neslon Piquet Jnr. van Renault in die 14de rondte in ’n muur vasgejaag het en die momentum van die wedren heeltemal verander het aangesien Massa in daardie stadium voorgeloop het.

Piquet het in 2009 erken dat ditdoelbewus was en gevolglik hou Massa voet by stuk dat hierdiè sameswering op die hoogste vlak hom miljoene in verlore inkomste en bonusse gekos het en eis nou skadevergoeding van 62 miljoen Euro van die F1.

*Hamilton het na aanleiding van Massa se beplande regsksie gesê dat dit die voormalige renjaer se keuse bly as hy daardie rigting wil inslaan en dat hy hom nie self met die verlede meer opsaal nie.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×