FORMULE EEN – Die Ferrari span het die blaam vir hul renjaer Charles Leclerc se vertoning by Sondag se Belgiese Grand Prix op Red Bull se Max Verstappen se skouers – of altans – sy valhelm geplaas.

Mattia Binotto – hoof van die Ferrari span – het in ‘n verklaring gesê dat die 5 strafsekondes wat Leclerc moes uitdien nadat hy te vinnig uit die kuipe gery het die gevolg was van ‘n foutiewe sensor wat deur ‘n afskeurbare plakker op Verstappen se kykgleuf in sy valhelm veroorsaak was.

Leclerc het reeds vroeg in die wedren probleme ondervind toe rook by een van die wiele uitkom. Nadat hy by die kuipe aangedoen het is een van diè afskeurbare deurskynende plakkers in die regterkantse voorrem gevind wat gebruik word om renjaers se sig tydens die latere stadiums van die wedren te verbeter.

Leclerc het uiteindelik in die 6de plek geëindig waar Verstappen agterna die Fransman se teëspoed as “super-ongelukkig” beskryf het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×