Die Japanese Motorvervaardiger Toyota sal ‘n terugkeer maak na Formule Een.
Toyota wat in 2009 laas deel was van Formule Een het Vrydag ‘n meerjarige tegniese vennootskap met Haas aangekondig en is onmiddellik van krag.
Die Toyota handelsnaam sal op die renmotors van Nico Hulkenberg en Kevin Magnussen verskyn by volgende naweek se Amerikaanse Grand Prix in Austin.
Die vennootskap sal sien dat die twee partye kundigheid, kennis en hulpbronne deel.