FORMULE EEN – Die Engelse renjaer Lewis Hamilton verterou dat Mercedes beter rekenskap van hulself in die 2023 Formule Een seisoen sal gee maar reken dat hulle motor nog nie oor die spoed beskik om Ferrari en Red Bull te klop nie.
Mercedes het in die voorseisoense toetse verlede jaar gesukkel met hul renmotor wat om die baan gehop het terwyl die span ook nie by die nuwe tegniese regulasies kon aanpas nie en gevolglik op die geleentheid uitgemis het om ‘n 9de agtereenvolgende vervaardigerskroon te verower.
Hamilton het die span egter geprys vir die werk wat hulle sover ingesit het en glo dat hul nuwe vuurwa – die W14 – beslis hulle mededingers meer slapelose nagte kan besorg.
Die 1ste ronde van die Formule 1 seisoen begin Vrydag met 2 oefensessies en laaste kwalifisering op Saterdag met die wedren wat Sondag 17:00 (SA Tyd) wegspring.