FORMULE EEN  – Die 7-malige Wêreldkampioen Lewis Hamilton het gesê dat hy solank as moontlik nog by die Mercedes span betrokke wil wees totdat hy voel dat hy niks meer het om aan diè span te bied nie.

Diè Engelsman se ooreenkoms met Mercedes verstryk aan die einde van 2023 en daar word in die binnekringe bespiegel oor diè renjaer se toekoms by die span.

Hamilton wat reeds 6 kampioenskaps-titels vir Mercedes gewen het kon nie weer die hoogtes bereik het wat hom een van die suksesvolste renjaers op die F1-kalender gemaak het nie.

Hy en spanmaat George Russell kon ook nog nie in die 1ste twee wedrenne van die jaar ’n staanplek op die podium  kry nie. Hamilton het te kenne gegee dat Mercedes se renmotor ’n bietjie beter is as verlede jaar s’n maar dit nog ’n lang tyd kan neem om kompetisie vir Red Bull te wees.

Rondte nommer 3 van die Formule Een Seisoen word Sondag in Melbourne voortgesit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×