FORMULE EEN –Honda sal weer voltyds na diè sport terugkeer waar die Japanese motorvervaardiger ’n eksklusiewe vennootskap met Aston Martin gesluit het om diè span se enjins te verskaf.

Die president van Honda se motorkorporasie – Koji Watanabe – het gesê dat hulle in 2021 uit die mark getree het maar wel voortgegaan het om die verdedigende wêreldkampioen Red Bull met die nodige perdekrag te voorsien maar laasgenoemde het egter nou ‘n ooreenkoms met Ford tot 2026 aangegaan.

Volgens Toshihiro Mibe – uitvoerende hoof van Honda – sal die sleutel tot sukses ’n kragtige en kompakte liggewig elektriese motor met ’n hoëprestasie battery sowel en die nodige energie bestuurstegnologie wees.

Aston Martin is tans 2de in die vervaardigers kampioenskap waar sy renjaer Fernando Alonso reeds 4 derde plekke behaal het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×