FORMULE EEN: Lando Norris het Sondag Max Verstappen ondersteuners op Zandvoort geskok toe diè McLaren renjaer eerste weggespring het en ook eerste onder die geruite vlag deurgejaag het.
Norris het byna 23 sekondes voor Verstappen geëindig gevolg deur Charles Leclerc van Ferrari in die derde plek. Norris se spanmaat, Oscar Piastri, was vierdie met die ander Ferrari renjaer, Carlos Sain, en Verstappen se Red Bull spanmaat, Sergio Prez, in die vyfde en sesde plekke onderskeidelik.
Die volgende wedren is die Italiaanse GP eerskomende naweek op die Autodromo Nazionale Monza.