Lando Norris van McLaren het voor weggespring by die Singapoer Grand Prix en ook eerste onder die geruite vlag deurgejaag.

Max Verstappen was tweede in sy Red Bull vuurwa gevolg deur Norris se McLaren spanmaat in die derde plek.

Verstappen is nog steeds bo-aan die punteleer op 331 terwyl Norris met 279 punte vinnig begin nader kruip om die Vlieënde Nederlander uit die warm sitplek te lig.

Die volgende ren is die Amerikaanse Grand Prix wat die 20ste Oktober gejaag word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×