Ferrari se renjaer, Charles LeClerc, het Sondagaand eerste onder die geruite vlag deurgejaag op die Circuit of the Americas-baan in Austin, Texas.

Sy spanmaat Carlos Sainz was tweede en alhoewel Lando Norris van McLaren derde was is hy met vyf sekondes beboet weens ’n oortreding en het die verdedigende kampioen Max Verstappen toe ’n podium plek gekry.

Verstappen het wel nog ‘n 57 punt voorsprong oor Lando Norris op die kampioenskaps lys vir die renjaers.

Die volgende Grand Prix word eerskomende naweek in Mexiko gejaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×