Formule Een se 2025 seisoen is by die O2-arena in Londen aan die rol gesit waar Lewis Hamilton vir die eerste keer amptelik aan die wêreld voorgestel is as ‘n Ferarri renjaer.

Die sewe-malige Formule Een kampioen, wat Mercedes vir die rooi van Ferreira verruil het ná die afloop van die 2024 seisoen, het die grootste opwinding veroorsaak onder die 15 000 wat die geleentheid bygewoon het.

Red Bull spanbaas, Christian Horne,r was egter uitgejou deur die skare in Londen wat weereens die kollig plaas oor die wrywing wat hy in die sport tans veroorsaak.

Die byeenkoms het gesien dat al tien spanne en 20 renjaers op dieselfde aand by dieselfde geleentheid hul voertuie aan die wêreld voorstel.

Die F1-seisoen trek weg op die naweek van 14 Maart met die amptelik wedren wat Sondag die 16de in Melbourne gejaag sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×