FORMULE EEN – Lewis Hamilton se wedren-ingenieur, Peter Bonnington, sal by Mercedes aanbly na diè sewemalige Formule Een wêreldkampioen se skuif na Ferarri.
Die twee het die laaste 12 jaar saam gewerk sedert Hamilton by Mercedes aangesluit het.
Bono sal na die afloop van die seisoen bevorder word tot hoof van ren-ingenieurswese.
Dit is nog nie bevestig wie Mercedes gaan inbring om vir Hamilton te vervang nie, maar luidens berigte sal dit die Italiaanse tiener Andrea Kimi Antonelli wees wat agter die Silwer Pyle se stuurwiel gaan inskuif.