FORMULE EEN – Die Mercedes renjaer Lewis Hamilton het Sondag met die louere by die Belgiese Grand Prix weggery nadat sy spanmaat George Russell gediskwalifiseer was.
Daar is in ’n roetine ondersoek bevind dat Russell se vuurwa 1.5 kg te lig geweeg het nadat ’n brandstofmonster van sy Mercedes geneem is.
Die McLaren renjaer Oscar Piastri het die 2de plek ingeneem gevolg deur die Ferrari renjaer Charles Leclerc in die 3de plek. Red Bull se Max Verstappen was 4de met Lando Norris en Carlos Sainz van McLaren en Ferrari onderskeidelik in die 5de en 6de plekke.
*Die renjaers gaan nou eers ’n welverdiende blaaskans neem voordat die Nederlandse GP die 25ste Augustus in Zandvoort gejaag sal word.