Die Williams Formule Een span het bevestig dat die Amerikaner Logan Sargeant die res van die seisoen gaan misloop.
Sargeant sal vervang word deur Argentinië se Franco Colapinto vir die naweek se Italiaanse Grand Prix en die res van die seisoen.
Dit kom na Sargeant versuim het om ‘n enkele punt in 15 wedrenne in te palm en het ‘n ongeluk gemaak in die laaste oefensessie die afgelope Saterdag by die Nederlandse Grand Prix.
Colapinto word die eerste Argentynse Formule Een renjaer in 23 jaar na die ontslape Carlos Reutemann in 1982 uitgetree het.