FORMULE EEN – Die Max Verstappen era van oorheersing in Formule Een is moontlik binnekort iets van die verlede.
Aldus die voormalige Haas-spanbaas Guenther Steiner wat van mening is dat Red Bull se sukses onder die grondeffek-regulasies ook ’n punt gaan bereik terwyl die reëls stabiel bly rakende die limiet tot waar renmotors ontwikkel kan word.
Steiner het ook die voorbeeld genoem van waar McLaren verlede jaar die gaping tussen homself en Red Bull vinnig verklein het en ook dat ander renjaers en spanne strawwe kompetisie vir die Vlieënde Nederlander gaan wees.
Motorsport entoesiaste was ook bekommerd dat die vermaak-aspek diè sport sal oorneem maar Steiner het gesê dat elke wedren opsigself die hooffokus sal bly.
*Die Formule Een seisoen trek op 2 Maart in Bahrein weg.