Die Formule Een span Aston Martin is na wat verneem word bereid om die tjekboek uit te haal om die handtekening van die viermalige wêreldkampioen, Max Verstappen, te bekom.
’n Astronomiese bedrag van $1 miljard is moontlik op die tafel wat die Vlieënde Nederlander na alle waarskynlikheid nie van die hand sal kan wys nie.
Die voormalige spanhoof van Haas, Gȕnther Steiner, het gesê dat al eindig Verstappen laaste in die Aston Martin-renmotor dit nog steeds die moeite werd sal wees om die Nederlandse superster vir die span te kan sien jaag.
Verstappen is wel nog tot 2028 by Red Bull gekontrakteer terwyl kollegas Fernando Alonso en Lance Stroll se kontrakte by Aston Martin aan die einde van 2026 verstryk.
Die 2025 F1-seisoen trek op 16 Maart met die Australiese Ope in Melbourne weg.