FORMULE EEN – Die McLaren span het feesgevier toe Oscar Piastri en Lando Norris  onderskeidelik die  1ste  en 2de plekke in Sondag se Hongaarse Grand Prix kon inpalm.

Dit was Piastri se 1ste oorwinning in Formule Een maar was in ’n wolk van omstredenheid gedompel nadat McLaren vir Norris opdrag gegee het om diè Aussie deur te laat vir die wen.

Mercedes se Lewis Hamilton was 3de gevolg deur Charles LeClerc van Ferrari en Red Bull se Max Verstappen in die 5de plek.

Diè Nederlander is nog gemaklik voor op die kampioenskaps-puntelys op 265 maar word nou vinnig deur die einste Norris ingehaal wat tans op 189 punte staan.

*Die volgende ren is Belgiese Grand Prix eerskomende naweek in Spa Francorchamps.

error: Inhoud is beskerm !!