McLaren se spanhoof Andrea Stella is na Sondag se goeie vertoning by die Italiaanse Grand Prix vol vertroue dat die oranje en swart span met albei Formule Een-titels kan wegry.
Lando Norris het die Red Bull renjaer Max Verstappen se voorsprong nou tot net 62 punte laat krimp terwyl McLaren homself ook net 8 punte agter Verstappen se span in die vervaardigers-titel bevind.
Norris se spanmaar Piastri word deur McLaren toegelaat om volgens “papaja reëls” te jaag wat beteken geen botsings nie maar Piastri se skuif het wel punte van sy Britse kollega en spanmat weggeneem.
Volgens Stella sou dit bietjie die wenkbroue laat lig het om Piastri in Sondag se wedren te gevra het om die voorsprong aan Norris af te gestan het maar in die toekoms kan diè opsie deur McLaren oorweeg word.
*Die volgende GP word die 21ste September in Qatar gejaag.