FORMULE EEN – Die 7-malige Wêreldkampioen van Mercedes Lewis Hamilton het amptelik bevestig dat hy vir 3 jaar by die Ferrari span gaan aansluit.

Hamilton wou langer by die Silwer Pyle  aangebly het maar diè motorvervaardiger het hom net ’n jaar aangebied met die opsie van ‘n 2de jaar wat egter gekoppel was aan sy vertoning op die renbaan.

Die Ferrari grootbaas Frèdèric Vasseur was dit eens dat Hamilton se handtekening ’n positiewe boodskap aan al die mense betrokke  sal uitdra oor die toekoms van die Rooispan.

*Hamilton het die afgelope naweek ook sy 1ste oorwinning in 945 dae en 56 wedrenne behaal toe hy op tuisbodem die Britse Grand Prix gewen het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×