‘n Nuwe reël is deur Formule Een se beheerliggaam ingestel in ‘n poging om die Grand Prix in Monaco meer opwindend te maak.

Die 2024 Grand Prix in die tweede kleinste land in die wêreld het gesien dat die renjaers wat in die top-10 weggespring het in die presies dieselfde volgorde geëindig het.

Dit is bevestig dat renjaers by vanjaar se Monaco-Grand Prix verplig sal word om ten minste twee keer deur die kuipe te gaan.

Die Grand Prix word al sedert 1929 op diè baan gejaag wat grootliks onveranderd gebly het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×